Wild & Natuur Ritte
Hierdie droeë reservaat is gedeeltelik in die Ceres Karoo geleë wat die droogste gebied in Suid-Afirka is. Droeë berg fynbos en Sukkulente Karoo verskaf weiding aan diere wat goed aangepas is vir hierdie ongenaakbare wêreld.
Gekwalifiseerde gidse neem jou op 'n skemerkelkie rit na die rand van die Ceres Karoo plato waar jy ook pragtige uitsigte oor die Cederberge kan geniet. Oggend en aand ritte neem jou na dele van die 15000ha reservaat waar jy spesies soos Swart Wildebees, Volstruis, Zebra, Springbok, Bontebok, Eland, Rooi Hartebees en Gemsbok kan sien. As jy gelukkig is kan jy ook Rooikat, Rooi Jakkals en selfs die sku Kaapse Luiperd sien. As jy van naderby kyk is daar ook interesante voëls, reptiele en plante te sien. |