Rus Kamp (Slegs beskikbaar aan Tyddeel Eienaars & RCI uitruilings)
Rus Kamp, met sy drie-slaapkamer chalets, is ideaal vir familie groepe en kan 6-8 mense elk akkommodeer. Almal is ten volle toegerus met 'n buite braai/lapa, binne kaggel, volledig toegeruste kombuis en het 1½ tot 2 badkamers. 'n Swembad is ook hier naby geleë.
Fasiliteite & Toerusting
Kombuis:
Breekware
Gas stoof
Yskas/vrieskas (groot genoeg vir ongeveer een week se voorrade)
Ketel, Mikrogolf & Brood rooster
Braai:
Binne kaggel/braaiplek
Private buite lapa/braaiplek
Braai rooster & tange
Algemeen:
Handdoeke & Line
Nood voorrade alleenlik beskikbaar op versoek. Doen asb u inkopies voor aankoms op die reservaat. (Naaste Spar 60km weg by Op-die-Berg).
Die reservaat kan gemaklik met 'n gewone motor bereik word .
Wild besigtiging of rond ry op die reservaat word aanbeveel slegs vir 4x4 voertuie.
Elektrisiteit (230V 50Hz) word verskaf deur 'n diesel kragopwekker en is beskikbaar gedurende die volgende tye:
06h30-09h00
12h00-15h00
18h00-23h00
24-uur elektrisiteit kan gereël word teen 'n addisionele koste.
Begeleide toere:
Beskikbaar by Ontvangs teen addisionele kostes:
- Oggend wild besigtiging met Koffie.
- Boesman tekening toer
- Skemer kelkie met drankies
- Nag ritte
- Sterrekyk met 'n kragtige teleskoop.
- Vierwiel motorfiets toere