Rus Kamp
(Slegs beskikbaar aan Tyddeel Eienaars & RCI uitruilings)
Rus Kamp, met sy drie-slaapkamer chalets, is ideaal vir familie groepe en kan 6-8 mense elk akkommodeer. Almal is ten volle toegerus met 'n buite braai/lapa, binne kaggel, volledig toegeruste kombuis en het 1½ tot 2 badkamers. 'n Swembad is ook hier naby geleë.
Fasiliteite & Toerusting |
| Kombuis: |
Breekware |
| |
Gas stoof |
| |
Yskas/vrieskas (groot genoeg vir ongeveer een week se voorrade) |
| |
Ketel, Mikrogolf & Brood rooster |
| Braai: |
Binne kaggel/braaiplek |
| |
Private buite lapa/braaiplek |
| |
Braai rooster & tange |
| Algemeen: |
Handdoeke & Line |
| |
Nood voorrade alleenlik beskikbaar op versoek. Doen asb u inkopies voor aankoms op die reservaat. (Naaste Spar 60km weg by Op-die-Berg). |
| |
Die reservaat kan gemaklik met 'n gewone motor bereik word . |
| |
Wild besigtiging of rond ry op die reservaat word aanbeveel slegs vir 4x4 voertuie. |
| |
Elektrisiteit (230V 50Hz) word verskaf deur 'n diesel kragopwekker en is beskikbaar gedurende die volgende tye:
06h30-09h00
12h00-15h00
18h00-23h00
24-uur elektrisiteit kan gereël word teen 'n addisionele koste. |
| Begeleide toere: |
Beskikbaar by Ontvangs teen addisionele kostes:
- Oggend wild besigtiging met Koffie.
- Boesman tekening toer
- Skemer kelkie met drankies
- Nag ritte
- Sterrekyk met 'n kragtige teleskoop.
- Vierwiel motorfiets toere |
|