Restaurant & Kroeg
By ons Rotskombuis restaurant kan u gaan aansit vir ontbyt en middagete asook vir aandete in die opelug lapa wat omring is deur pragtige rotsformasies. Geniet dus 'n romantiese aandete onder die sterre (wanneer die weer dit toelaat) met smaaklike wildsvleis geregte en 'n verskeidenheid uitstekende plaaslike wyne om van te kies.
In die gesellige kroeg en sitkamer area is WiFi internet asook sateliet TV beskikbaar vir die kyk van sport byeenkomste. Die tuin area is perfek vir ontspanning terwyl jy jou gunsteling koue drankie geniet. |