Opelug Kamp
Hierdie ideale skuiling teen 'n afgeleë rots koppie is die eerste "plat op die grond" luukse kampplek in die oopte. Nou is dit nie meer nodig om die klippe onder jou slaapsak te verduur en deur 'n hele proses te gaan om buite te slaap nie! Terwyl jy tuisgaan in Kagga Kamma se Boesman Kamp kan jy eenvoudig versoek om buite te slaap. Dis nou indien die weer dit toelaat. Met die tipiese mooiweers nagte van Kagga Kamma voel dit of jy in die Melkweg wegdryf!
Gaste kan kies om aandete by die Boesman Kamp te eet of om 'n piekniek mandjie te kry en langs die kampvuur te geniet met 'n koue bottel vonkel! |