Konferensie Fasiliteite
Ons konferensie fasiliteite is ten volle toegerus en het lugreëling. Dit kan 80 afgevaardigdes akkommodeer in teater styl, 40 in klaskamer styl en ±24 in U-vorm. Dit is by die Boesman Kamp geleë en verskaf dus 'n ideale omgewing vir harde werk gedurende die dag met baie buitelug aktiwiteite om van te kies wanneer dit tyd is om te ontspan.
Met die hoorbare stilte en suiwer omgewing is dit 'n konferensie paradys!
Konferensie Pakket
| Sluit in: |
- Akkommodasie in Boesman Kamp
- Ontbyt
- Mid-oggend koffie, tee en verversings
- Middagete in "Die Rotskombuis" Restaurant
- Na-middag koffie, tee en verversings
- Aandete in die Lapa/Restaurant
- Ten volle toegeruste lugverkoelde konferensie kamer (oorhoofse projektor, witbord, blaai kaart, TV & video opnemer)
- water, koeldrank, peppermente
- Een begeleide toer per dag
- Sateliet internet toegang beskikbaar by Boesman Kamp |
| |
|
| |
Stel ons asb. in kennis van enige spesiale dieet vereistes. |
|