TUISBLAD
Aanlyn Navraag & Bespreking
Kontak ons






 

Boesman Kamp

Boesman Kamp grotte

Boesman Kamp bied 'n keuse van akkommodasie; daar is vyf ruim en-suite rietdak rondawels, geskik vir gesinne met kinders. Dan is daar ook tien unieke 'grot' kamers met private stoepe, en-suite badkamers en twee beddens. Die geboue smelt so goed saam met die rotse en landskap waarin dit gebou is dat dit amper onsigbaar word.

Opelug lapa

Die kamp het 'n restaurant vir ontbyt en middagete en 'n buitelug lapa vir aandete onder die sterre in die warmer maande. Daar is ook 'n gesellige kroeg en tuin area wat perfek is vir ontspan terwyl jy 'n koel drankie geniet. Interessante rotsformasies omring ook die skitterende swembad. 'n Volledige kurio winkel is beskikbaar om daardie essensiele aandenking van jou verblyf te koop.

Elektrisiteit (230V 50Hz) word deur 'n Hibriede kragstelsel verskaf (diesel kragopwekker en sonpanele) en is AAN vanaf 06h30 tot 23h00 daagliks. 24-uur elektrisiteit kan gereël word teen 'n addisionele koste.

Konferensie Fasiliteite... Kliek hier
 

Hut binnekant
Rondawel Binnekant
Hut buitekant
Rondawel Buitekant
Grot binnekant
Grot Binnekant

Grot buitekant
Grotte Buitekant

 


 
 
Besprekings
  --- BESPREKINGS ---
 
MasterCard, VISA, American Express en Dinersclub Krediet Kaarte word aanvaar
 
 - Tariewe
 - Wisselkoerse
 - Besprekings Terme
 

 -- NUUSBRIEF --

 
 
Kagga Kamma Privaat Wildreservaat
E-pos: info@kaggakamma.co.za Tel: +27 21 872 4343   Faks: +27 21 872 4524
Kopiereg © Kagga Kamma, Ceres, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Alle regte voorbehou.