Aktiwiteite

Om die meeste te kry uit jou besoek aan hierdie unieke wêreld interpreteer ons deskundige gidse die Boesman tekeninge en hul bekoorlike antieke kultuur op begeleide toere, vierwiel motorfiets safaris en wandelinge. Ander aktiwiteite wat ingesluit word tydens u verblyf is 'n skemerkelkie met asemrowende uitsigte en oggend en aand natuur/wild ritte om die endemiese spesies soos Swart Wildebees, Volstruis, Bontkwagga, Springbok, Bontebok, Gemsbok en vele ander bok soorte insluitend die enorme Eland te besigtig.

Sien die sterre en planete beter as ooit tevore by ons Mini-Sterrewag. Ons inwonende kenner sal verseker dat u die hemelruim op sy beste sien deur ons 10-duim teleskoop met digby uitsigte van die maan, planete en ander verafgeleë hemeliggame. Dis waarlik 'n unieke ondervinding.
 
| Tipiese
3-Nag Program: |
| |
|
| Dag
1: |
Aankoms
om middagete. Skemerkelkie rit. Aandete in die Lapa (buite restaurant).
Steek die kerse aan om 22H30! |
| Dag
2: |
Vroeë môre
wildrit met ontbyt in die bos. Boesman Kultuur
Toer, antieke San woon areas, rotstekeninge & interesante stories.
Middagete. Lapa aandete met Braai (BBQ). Nag rit! |
| Dag
3: |
Ontbyt.
Dag stap verby van die mooiste rotse, plante en diere en ontdek
self nog rotstekeninge. Piekniek middagete. Geniet die koel swembad.
Aandete. Begeleide sterre praatjie by ons mini sterrewag. |
| Dag
4: |
Wildrit.
Vertrek na ontbyt. |
  |