![]() |
||||||||||||||||||||||||||||
|
![]() |
|
||||||||||||||||||||||||||
4x4 Roete Op 'n helder dag is die uitsig oor die uitgestrekte vlaktes van die Karoo en die bergtoppe en valleie van die Sederberge asemrowend. Kyk vir fyner besonderhede en jy sal sommige van die baie skaars reptiele en voëls wat uniek is aan dié area sien, insluitende die Rooi Adder. In sekere areas sal jy ook sekerlik wild sien, van die klein Steenbok tot die massiewe Eland. As jy gelukkig is kan jy selfs 'n Rooikat of die sku Luiperd sien. Vanaf die middel van Augustus tot middel November sal jy normaalweg baie blomme op die reservaat vind, 'n paradys vir botanikuste en natuur liefhebbers. Somer maande (Desember tot einde Februarie) mag baie warm wees met min of geen skaduwee. Winter maande (Junie - Augustus) wissel van gemiddeld tot baie, baie koud met ryp en selfs sneeu op hoogliggende dele. Temperature wissel ook baie tussen hoogliggende en laagliggende kampeerplekke met laasgenoemde gewoonlik ±8 °C warmer. Die roete is meer as 100km lank indien alle sirkelroetes gevolg word en dit is beter (maar nie 'n moet nie) om in 'n groepie van 2 of meer voertuie te ry. Een nag op die roete is dus die minimum aanbevole tyd - bly egter gerus so lank soos u wil. Die roete begin vanaf Kagga Kamma Ontvangs en daal dan gelydelik vanaf 'n hoogte van 3800 voet tot ±1200 voet in die Ceres Karoo. Dit is meestal baie ontspannend maar daar is wel 'n paar baie styl en meer uitdagende dele. Vir meer inligting lees ook dié Drive Out/WegRy artikel...
Neem u eie chemiese toilet saam om in die hout afskorting te sit of huur een van Kagga Kamma (soos bo). Brandhout mag nie opgetel word in die veld nie - hout is te koop by Ontvangs. BESPREKINGS NOODSAAKLIK |
||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
Kagga
Kamma Privaat Wildreservaat |
![]() |
||||||||||||||||||||||||||